0 Maande Oud
0-2 weke ~ nog in die hospitaal :-( [21 Sept-5 Oct]
•    Glimlag vir ons
•    Baie sensitief op voete en ruggie - krul so op of sy tone krul om
•    Hy probeer sy ogies oopmaak maar die ooglede gaan nie oop nie
•    Hy nies 4x na mekaar op n slag
•    Hy sit sy dummy in of trek hom uit
•    Met die soet glukose wat hul in sy mond sit suig hy sy dummy dat dit klap  
•    Hou niks van die bad nie, skree van sy klere uit is tot weer aangetrek. Het bietjie daarvan gehou as hy op sy magie in water le

2-4 Weke [5-19 Oct]
•    Soek so in die lig met sy mondjie oop as hy wil drink
•    Huil vreeslik hartseer in sy slaap en snik so - maar mamma draai hom gou om uit daai lelike droom te kom
•    Maak so "meee" geluidjie soos 'n skapie
•    Skrik groot as pappa naby is en dalk hoes
•    Hy drink so vinnig dat hy uitasem raak en dan eers vreeslik asem haal en vinnig wee drink
•    Is klein bietjie rustiger met badtyd, maar huil nog en suig tot sy duim om homself te "comfort"
•    Strek so uit met die handjies langs sy koppie
•    Hou sy nekkie al bietjie regop
•    Stamp koppie tten my bors as hy wil drink

1 Maand Oud
4-6 Weke[19 Oct-2 Nov]
•    Wanneer hy nies dan wip sy handjies in die lig op (en sy beentjies as hy kaal is of net sy doek aan het)
•    Wil gesels en glimlag v mamma deur die nag as hy moet slapies
•    Steek sy tongetjie uit as pappa of mamma dit vir hom doen
•    Begin "meee" soos skapie as mamma sy klere los maak of doek wil ruil
•    Steek sy tongetjie uit as hy nie wil dummy he of nou gesoen word nie
•    Het so aansit hoesie (net soms) as hy nie van iets hou nie
•    Knip sy ogies as iets 'n harde geluid naby hom maak
•    Hou sy nekkie al baie meer regop
•    Geniet badtyd meer, veral as hy le op sy magie

6-8 Weke [2-16 Nov]
•    Glimlag nou tog te lekker (oopmondjie) en gesels nou meer
•    Begin huil as mamma klere oor sy arms trek soos vessies en baby grows
•    As ek gliserien op die dummy sit dan suig hy soms so hard daaraan hy raak uitasem en sluk winde dan huil hy baie hard
•    Hou sy nekkie al minute regop
•    Geniet die bad meer en meer - huil as ek hom uit tel
•    Gee sulke kreuntjies as hy tevrede is (e-e-e) na huil of moan

2 Maande Oud
8-10 Weke [16-30 Nov]
•    Begin sy handjies suig
•    Slaan na die rattles op die playgym
•    Slaan Ryno raak as hy naby hom is (aspris)
•    Vryf ogies as hy moeg raak
•    Gee ‘n aansit hoesie as hy aandag soek
10-12 Weke [30 Nov-14 Dec]
•    Raak aan die slaap met sy bottel
•    Gee wille poepe
•    Skop lekker wild in bad en sien net water spat
•    Drewl en blaas spoeg bubbles
•    Altyd ‘n glimlag na hy wakker geword het
•    Raak kwaad en dan skud hy sy kop en slaan sy handjies
•    Probeer sy nek regop tel as hy le
•    Probeer hom opdruk met sy elmboë

3 Maande Oud
12-16 Weke [14 Dec-11 Jan]
•    Hou sy rattle vas as ek dit in sy hand sit
•    Reik uit na goed maar nog lomp
•    Kou handjies en vingers (tande wat begin pla)
•    Begin vroeg soggens ons wakker gesels
•    Hou mamma dop
•    Wil regop sit
•    Is baie nuuskierig wat om hom aangaan en wil sien
•    Rol om van sy magie af

4 Maande Oud
16-18 Weke [11-25 Jan]
18-20 Weke [1-15 Feb]




Mamma is mal oor:
Tongetjie middel sny, haartjies op vingers en oortjie    
Vingertjies solank soos my voorstd lit. 8 weke sy 2 onder litte so lank soos my voorste lit
Mekaylie:
Hys baie qute. Ek soek ook n baba. 2 dogtertjies en n seuntjie. Sy toontjies is baie qute. Jou baba drink baie cute.

2okt 3.2kg, 9okt 3.3kg, 16okt 3.7kg, 3 nov. 4.5kg. 55cm. Size 2 doeke en 0-3 mnde klere op 6 wek

 



 
Make a Free Website with Yola.